Skip to content

Jou trou-bestie

Ek love troues!

My reis het begin in die corporate wêreld (ja, ek sit steeds daar in my netjiese klere), maar my hart het altyd vir troues geklop. Soos baie van ons, was ek gevra op ’n jong ouderdom om ‘n bridesmaid te wees, en ek het vinnig agtergekom hoe ongelooflik fun dit is om mense te organiseer, drama te hanteer en self ook in die proses ’n bietjie glamour te geniet.

Omdat ek gemaklik voor mense kan praat (mense het van jongs af gesê ek moet ‘n radio-omroeper word… ek dink hulle bedoel dit as ‘n kompliment 😏), het ek my eerste MC-gig gekry. Seder dan het ek nie net menige troues help reel nie, ek het selfs al ’n troue ge-officiate! Ja, ek het die bruid en bruidegom se “I do’s” self afgeneem. 

Elke troue waar ek betrokke is, hoor ek dieselfde vraag van bruide: “Waar begin ek?” Ek het besef dat jy dalk ’n idee het van wat jy wil hê, maar nie weet hoe om dit te organiseer, wanneer iets moet gebeur of hoe om dit alles sonder ’n klein hartaanval te kry nie. En dit is hoe TrouGoedjies gebore is. 

Ek’s die Suid-Afrikaanse weergawe van 27 Dresses — ‘n kas vir al die rokke. My groot droom is om my eie trou venue te he, maar tot ek my droom-trouvenue het, leef ek my passie uit deur bruide te help beplan — van save-the-dates en invites tot bridesmaids, MCs, en al die klein goedjies wat jou groot dag perfek maak (selfs die chaotiese oomblikke kry ’n plekkie hier).

Hierdie plekkie is hier om jou te help elke stap van die reelings geniet, met ’n bietjie styl, ’n bietjie humor, en baie liefde. 💖

Happy Planning 

WhatsApp Chat